Publisiteit en bemarking is noodsaaklik vir skole, want ‘n skool moet soos ‘n besigheid bedryf word om gehalte-onderwys en onderwysers te kan bekostig.

Wat egter vir my opvallend is (op sosiale media en in koerante) is die gebrek aan erkenning vir dié wat in B- of C-sportspanne hul hart vir hul skole uitspeel. Geen skool kan ‘n kampioenskapsbyeenkoms met slegs eerste spanne aanbied nie.

Ons word gebombardeer met aksiefoto’s van spelers in eerste spanne. Dit is goed, want presteerders is ‘n aanwins. Maar wat van spelers in die laer spanne? Diegene wat vir elke oefening opdaag; elke wedstryd speel (hetsy verloor of wen); trots sy of haar sportklere aantrek om sy skool te verteenwoordig.

Hier in my geweste is ‘n C-netbalspannetjie wat onoorwonne in al sy wedstryde is en groot en sterk skole poegaai gespeel het. Maar nêrens word erkenning gegee nie. Erkenning is vandag maklik, met sosiale media waar al die spasie in die wêreld beskikbaar is. Vroeër was dit moeiliker en moes skole “baklei” vir ruimte in ‘n koerant.

Terloops, ek is lankal nie meer ‘n ouer met kinders in die skool nie en skryf nie die weens “suur druiwe” nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article