Opwindende sport is tydens die naweek se Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks tussen die Goudveld-Hoërskool en die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein gespeel.
Daar was 14 netbal-, 11 hokkie- en agt rugbywedstryde wat op 1 en 2 Augustus tussen Hoërskool Jim Fouché (JF) en Goudveld-Hoërskool gespeel was.
Oudergewoonte het baie opwinding tydens die eerste spanne se rugbywedstryd geheers en Goudveld het naelskraap teen JF verloor, met ‘n einstrydtelling van 44 – 38.
JF wen ses wedstryde, en Goudveld twee.
Die netbal was net so spanningsvol, en JF wen ten einde laaste hul wedstryd 50 – 40.
Die speler van die wedstryd was Minke Labuschagne. Altesaam wen JF 12 netbalwedstryde, en Goudveld wen twee.
In die seunshokkie wen JF drie wedstryde, en speel een gelykop.
Die eerste seunspan wen met ‘n telling van 3 – 0.
Die speler van die wedstryd was Gurshwin Matebesi (JF-kaptein).
Die meisieshokkie was net so opwindend en JF wen vyf van die wedstryde, en Goudveld wen twee.
Oudergewoonte troef Goudveld die meisies se eerstespan-hokkie en wen die wedstryd 2 – 1.









You must be logged in to post a comment.