JOU ma se melktert . . .

Mooi was nog nooit lelik nie. En lelik kan mooi raak as dit mooi getooi word.

Die gewilde Boerboel Wear, wat behoorlik vleis wys, het Nelson Mandelabaai sedert einde verlede jaar op horings nadat dié klerereeks op Uitenhage vir die plaaslike mark bekendgestel is.

“Ons kan nie voorbly nie. Dit verkoop soos soetkoek. Dis nou al ons derde besen-ding Boerboel-klere sedert Desember,” sê Liza Schnetler, mede-eienaar van Euro Top Agencies Uitenhage.

Alhoewel dié besigheid spesialiseer in bandherstelgereedskap, het Liza en haar man Norman, die geleentheid in die mark gesien om dié Boerboel khaki-klere in die kontrei te verkoop.

“Ons hou van boerboelhonde en toe dié klerereeks uitkom, sê ek vir my man, kom ons gee dit ’n kans. Ons hou mos van boerboele.

“Jy sal nie glo nie, ouens wat in Amerika werk het hier kom inloer en toe hulle pelle wat nog dáár is gebel en gevra: ‘Hey, hier is van daardie nice Boerboel-broeke, watter sizes soek julle?

Februarie kom, maar dit kan maar Februarie bly met dié Boerboel Wear “wys jou vleis” almanak-model. Hier is Liza Schnetler, ’n agent van dié gewilde klerereeks in hul Euro Top Agencies-winkel in RKA-industriële park, Algoaweg (oorkant VWSA). Foto:HEILIE COMBRINCK

Boerboel: Bulle vir Bale-almanak

Buiten die trots Afrikaanse klerereeks het Boerboel Wear ’n 2020 almanak vir “anties en asters” met plaasvarsfotos waarna daar maand vir maand gestaar kan word.

Dit kan maar heel jaar Februarie-maand bly … want oewee, die Februarie-model is ’n wys jou vleis prins.

Trots Suid-Afrikaans is Boerboel Wear beslis, want dié almanak dien ook as ’n Bulle vir Bale-projek waar R50 van elke almanak wat verkoop word aan die Boere Droogtehulp SA vir droogteverligting gaan. Dié almanakke is beskikbaar by www.boerboelwear.co.za

So, “of jy bruin getan is of wit soos Tastic Rice” … gaan maak ’n draai by Euro Top Agencies en kry jou trots Afrikaanse Boerboel kledingstuk en wys jou vleis.

Kliek hier vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article