Welbekende Afrikaanse persoonlikheid, Sonja Herholdt, gaan musiek, motivering en inspirasie bring na die AGS Lofoord-gemeente in Kariega in Augustus.
Maak solank gereed want dit beloof om ’n belewenis te wees.
Die vertoning sal op 5 Augustus by die AGS Lofoord-gemeente op die hoek van Graaff-Reinet en Noordstraat, om 10:00 plaasvind.
Kaartjies beloop R60 per persoon en is beskikbaar van die AGS Lofoord op Dinsdag en Donderdag vanaf 08:00 tot 12:00.
Besprekings kan ook gemaak word met Denise by 082 651 1595.
Die UD Express gee kaartjies weg na die optrede. Dames kan een van twee R150 kaartjies wen, wat ’n ete ná die optrede met Sonja Herholdt insluit.
Daar is ook vier R60 kaartjies op die spel. Dié is nie net vir dames nie, maar ook vir die mans en kinders wat wil saamgaan.
Die kompetisie sluit op 27 Julie. Wenners kan Anika de Beer by Anika.DeBeer@Media24.com kontak om vir die kaartjies te reël.
Om in te skryf, volg UD Express op Facebook en vul die inskrywingsvorm in op ons webtuiste.




