Ilze-Mari Maritz tydens haar 75kg borsopdruk waarmee sy die Oos-Kaap rekord verbeter het. Foto:VERSKAF


DIE kragoptel-afrigter van Brandwag het na twee jaar van geen deelname haar terugkeer tot die sport op ’n hoë noot begin.

Ilze-Mari Maritz het onlangs aan die Oos-Kaap kragoptelkompetisie wat by Cape Recife skool gehou is deelgeneem. In dié eerste deelname na twee jaar uit die sport, het sy die Oos-Kaap senior rekord verbeter met haar 75kg borsopdruk.

Ance Vermaak, ’n leerder van Brandwag Hoërskool, het ook ’n rekord in haar kategorie verower met ’n 47.5 kg borsopdruk.

Colleen Brown, ’n leerder van Hoërskool Despatch wat by Ilze-Mari oefen, het ook ’n rekord in haar kategorie verower met ‘n 65 kg borsopdruk.

Verskeie ander Oos-Kaap rekords het ook in die slag gebly. Die bogenoemde kragoptellers het met hulle prestasies hul plek in die Oos-Kaap span verseker. Nou gaan hulle teen kragoptellers van regoor Suid-Afrika in die SA Borsopdruk-kampioenskappe deelneem wat op 21 Maart by Cape Recife skool gehou word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article