Reg vir aksie! Hier is die vier fiske vroue wat aan ’n 24 uur aflos gaan deelneem om geld vir Huis Najaar op Despatch in te samel. Van links is Teresa van Jaarsveld, Vanessa Coetzee, Adele Janse van Rensburg en Veronica Boshoff.

Foto: Verskaf

Vier fikse vroue gaan aan ‘n 24-uur aflos op Despatch deelneem – en nooi die publiek om saam te hol of stap – en só geld vir Huis Najaar op die dorp in te samel.

Vanessa Coetzee, Teresa van Jaarsveld, Adele Janse van Rensburg en Veronica Boshoff gaan Vrydag, 29 Junie, om 13:00 by Despatch Rugbyklub wegtrek en mekaar op ‘n sirkelroete aflos. Hulle gaan regdeur die nag tot Saterdag om 13:00 hardloop.

Belinda van der Bank, bestuurder van Huis Najaar, nooi almal uit wat lus is om saam met die vroue die roete te stap of hardloop om deel te neem. ACVV Despatch ondersteun ook dié 24-uur aflos.

“Kom maak ‘n donasie of kom borg asseblief die vier vroue, maak julle harte oop vir ons bejaardes van Huis Najaar,” sê Belinda.

“Despatch Rugbyklub se klubhuis gaan 24 uur oop wees en daar sal vir 24 uur karaoke gehou word. Huis Najaar se kombuis gaan ook 24 uur oop wees om wegneemetes te maak.”

  • Vir meer inligting bel Belinda van der Bank by 061 001 7128.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article