Graad 6 leerders Chris Viviers, Dian Boshoff, George van Niekerk, MIgael Bezuidenhout, Ruan van der merwe en Wesly Tait wys hulle weet hoe om skuilings te bou.

Foto: Verskaf

Noodhulp, tuinmaak, veldkook, spoorsny, dierekennis, groepspele, paraatheid en seremonies – hierdie is van die vaardighede wat Voortrekkers in Maart geleer het.

Sowat 100 laerskool Voortrekkers en volwassenes vanuit die Gqeberha, Kariega, Despatch en Kareedouw areas het op 16 Maart by Van Stadenskloof se Voortrekkerkampterrein saamgetrek om dié nuwe vaardighede te leer.

Mark Marshall van Sandula Conservation het vir die graad 4 Voortrekkers meer geleer oor slange in die gebied en die identifisering en hantering daarvan, terwyl ’n spesialis fasiliteerder die graad 6 groep geleer het van die bou van skuilings en die korrekte optrede tydens noodsituasies soos bomontploffings.

voortrekker

Willem van Greunen leer meer van slange in die area saam met Mark Marshall van Sandula Conservation.

Die jonger klomp het geleer wat om te doen om ’n maatjie te help wat seergekry het, en die graad 1’s het kennis ingewin om hulle eie groente en blomtuin by die huis te begin.

voortrekker

Francois Bester leer hoe om ‘n driehoekverband te gebruik.
voortrekker

Karli Urtel leer oor noodhulp.
voortrekker

Hannah Meintjies leer hoe om plantjies te plant.

Die graad 2 maats het die stokbrood, boerewors en aartappels wat hulle self gaargemaak het, geniet nadat hulle geleer het oor die gevare van vure, die korrekte blus daarvan en self hulle eie vure aanmekaar geslaan het.

voortrekker

Louis Nel wys sy opgewondenheid toe sy vuurtjie vat terwyl hulle van veldkook geleer het.

Die graad 3’s het ook alles van spoorsny geleer en was bederf met ’n kuier van Jock, ’n spoorsnyhond wat deel vorm van die Teen Renosterstroop Eenheid.

voortrekker

Miani Erasmus met spoorsnyhond Jock tydens hulle spoorkennis spesialisasie.
  • Om meer te leer van die Voortrekkers, kontak Adri Steyn by 083 293 4800.
voortrekker

Nig Magda Oelofse demonstreer kamofleering.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article