Vanjaar het die Hoërskool Despatch die voorreg gehad dat die bekroonde skrywer, en oudleerder, Jan Vermeulen, vir die skool ’n revue kon skryf.

Foto: Verskaf

Vanjaar het die Hoërskool Despatch die voorreg gehad dat die
bekroonde skrywer, en oudleerder, Jan Vermeulen, vir die skool ’n revue kon
skryf.

Hierdie teks is geskryf in herdenking van die hoërskool se 75ste
bestaansjaar en was beslis ’n revue van nostalgie, humor, opvoeding en romanse.

Die leerders het die gehoor betower met ’n verskeidenheid van musiek, dans en
dramaspel. Die geleentheid het gesorg vir lag, huil en vermaak. Hierdie was
definitief ’n vertoning met ’n pragtige storie en wonderlike talent.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article