SAAM met herinneringe volg nostalgie en alles wat daarmee saamgegaan het. Lief en leed, swoeg en sweet, maar ook plesier wat deur vertellinge oor die “goeie ou dae” ont-hou word.

Daarom het Despatch Mannekoor besluit om ’n vergete tradisie af te stof en weer nuwe lewe te gee – dié van ’n koffiehuiskonsert.

Op 1 Augustus om 19:00 gaan hulle ’n koffiehuiskonsert in Laerskool Frans Conradie se skoolsaal aanbied.

Die Mannekoor word vergesel met die kore van laerskole Frans Conradie, Susannah Fourie en Sonop sowel as die koor van Hoërskool Despatch.

Die geselligheid begin met lekker samesang van tradisionele volksliedjies, gevolg deur ou treffers van gewilde kunstenaars soos Annelie van Rooyen, Koos du Plessis, Randall Wicomb, Anton Goosen en Steve Hofmeyr.

Ja, daar is iets vir oud en jonk, van Sewe Sakke Sout, Vrolike Wewenaar tot Sprokie vir ’n Stadskind en Pampoen.

Vir afwisseling sal ’n komiese gedig voorgelees en ’n ewe grappige verhaal vertel word.

Kom vang gees, skep wind, en pomp moreel vir slegs R20 per volwassene en R10 per kind. Geen besprekings, toegang by die deur te be-taal. Die wins van die aand sal vir liefdadig-heid aangewend word.

  • Vir meer inligting bel Johann Engelbrecht 041 933 6243 of 082 415 5414.

-JOHANN ENGELBRECHT

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article