VIERTREKKERS en mense wat van ’n regte egte plattelandse basaar hou word uitgenooi na die Vaal-plaas-kerkbasaar en 4×4-naweek wat van 20 tot 21 Maart op Steytlerville gehou word.

Die basaar, met tradisionele lekkernye soos groot koeke, braaivleis en kerrie-en-rys word vanaf 10:00 op Saterdag, 20 Maart op Vaalplaas buite die dorp gehou. Om 13:30 gaan die viertrekkers hul voertuie aanskakel vir die middag se 4×4-aksie deur die berge.

Sondag, 21 Maart om 09:00 kom die 4×4-voertuie by die Steytlerville-skougronde byeen waar hulle om 09:15 op die asemrowende Grootrivierberge-roete vertrek.

Dié roete eindig weer by die skougronde waar middagete geniet kan word.

Om aan die 4×4-aktiwiteite van die naweek deel te neem kos R400 vir twee deelnemers en R50 vir elke addisionele persoon. Inskrywings sluit reeds Sondag, 14 Maart en kan gedoen word deur Philip Hayward te bel by 082 265 9641 of WhatsApp 072 849 9559 of Louis Hayward by 082 825 3886.

  • Plaasakkommodasie is beskikbaar en om ’n kampplek te bespreek bel Louis Hayward by 082 825 3886 of Bennie Rathbone 082 416 7506. Vir selfsorg-plaasakkommodasie bel Rosemary Dorfling 082 577 7518 of Bennie Rathbone 082 416 7506.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article