Die ATKV-tak op Uitenhage se jaarlikse vergadering sou op Dinsdag, 19 Januarie om 19:00 in NGK Uitenhage-Oos se kerksaal gehou word, maar is weens die verlengde inperkingsregulasies uitgestel.

Tydens die vergadering, wat nou op ’n later stadium gehou sal word, sal daar erkenning gegee word aan lede wie langer as 20 jaar lid van die ATKV is. Elkeen van die lede sal ’n sertifikaat ontvang.

Mense uit die omgewing wat al langer as 20 jaar lede van die ATKV is word versoek om die plaaslike ATKV-tak te kontak. Bywoning van die vergadering moet ook bevestig word deur Jeannette te bel by 063 561 4170.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article