Hier is die groep tuisversorgers wat nou gereed is om in die gemeenskap verswaktes te versorg. Voor van links is Yolandi Machaba, Nellie Daniels, Megan Malgas, Roshaan Jewell, Cathlin Maarman en Magda Bosch. Agter is suster Elize du Toit, Nomvula Oliphant, Kaylin Isaacs, Ronel Hendricks, Chantelle George, Gail Arends en suster Caroline Fletcher. Foto:HEILIE COMBRINCK

TUISVERSORGERS wat verswaktes of bejaardes in hul eie wonings versorg is ’n groeiende behoefte in die gemeenskap.

Om in dié behoefte te voorsien, word daar 6-maande kursusse in tuisversorging aangebied op Uitenhage by ACVV Aandmymering tehuis vir ouer persone.

Susters Caroline Fletcher en Elize du Toit is in beheer van die opleiding. ’n Groep tuisversorgers het verlede Vrydag hul sertifikate ontvang na die suksesvolle voltooiing van die kursus. Hulle is nou gereed om in die gemeenskap van diens te wees.

Tuisversorgers vervul ’n belangrike rol in die lewe van bejaardes wat verkies om in die veiligheid en gemak van hul eie wonings versorging te ontvang.

Hul besoeke hang af van individue se behoeftes en toestand. Die minimum tydperk is 5 ure per dag en hul verskaf ook 24 uur versorging.

Tuisversorgers help ook persone met Alzheimersiekte en demensie wat nog in hul eie woonplekke is.

Die versorgers wat hulle kursusse suksesvol voltooi het en prakties by ACVV Aandmymering gedoen het, word uitgeplaas vir tuisversorging en werk ook as saalhulpe.

  • Mense wat belangstel om in te skryf vir die kursus of meer wil uitvind oor tuisversorgers kan suster Caroline Feltcher bel by 041 992 1510.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article