Tuisversorgers wat verswaktes of bejaardes in hul eie huise versorg, is ’n groeiende behoefte in die gemeenskap.
Om in dié behoefte te voorsien word daar tuisversorgingkursusse, wat oor ses maande strek, op Kariega by ACVV Aandmymering aangebied. Suster Caroline Vivienne Fletcher hanteer die opleiding.
‘n Groep tuisversorgers het verlede week hul kursus suksesvol voltooi en hul sertifikate tydens ‘n seremonie ontvang. Hulle is nou gereed om in die gemeenskap van diens te wees.
- Mense wat belangstel om vir die tuisversorgingkursus in te skryf kan Suster Fletcher kontak by 041 992 1510.




