By die ACVV Aandmymering word daar elke ses en ’n half maande tuisversorgingskursusse aangebied. Tuisversorgers word opgelei om verswaktes en bejaardes in hul eie huise te versorg.
’n Groep tuisversorgers het onlangs hul kursus suksesvol voltooi en hul sertifikate ontvang. Hulle kan nou in die gemeenskap van diens wees. Die kursus was aangebied deur Sr Caroline Vivienne Fletcher. Sy tree tans uit as opleier om haar aandag toe te spits aan die verpleging en versorging van die siekes en bejaardes.
Sr Fletcher word opgevolg deur Sr Sylvia Rosseaw en diegene wat belangstel om die kursus te doen kan haar kontak op 041 992 1510 vir enige verdere inligting.





