In baie kompeterende wedstryde het Tiryville Barbarians en Jazz Town RFC mekaar aangevat op die tuisveld van Tiryville Barbarians RFC (Lapland).
Dis veral die o.17 wat vir vuurwerke gesorg get. Tiryville het uitendelik met 27-7 gewen. In die o.15 wedstryd het Tiryville ook koning gekraai.
Jazz Town o.11 en o.13 het teen BD Blues kompeteer en is ’n behoorlike les geleer.
“Effektief het ons 65 spelers (vier spanne) op die sportveld gehad en so hou ons die kinders weg van gevaar en misdaad,” het Jazz Town Sportklub stigter, Renald Ratangee, gesê.
Op 5 Augustus gaan die Jazz Town Sportklub ’n kos bingo teen R50 ’n kaartjie hou om die klub te help met vervoerkoste. Hulle nooi ook kerkleiers regoor Kariega uit om betrokke te raak en die jeug te lei. Vir meer inligting oor die klub, kontak Renald Ratangee op 061 717 0615.
– BERIG VERSKAF DEUR TIRYVILLE BARBARIANS





