Survivor

Loné Smith, Johandré van Zyl, Tom Swartz (Survivor SA 2018-wenner), Kelly Oosthuizen en Charlton Botha in die voorgrond met van die Hoërskool Despatch se matrieks in die agtergrond. Fotos:RIAAN TROSEE

AS ’n mens ’n tema moet kies vir die 2021-matrieks, is daar baie, maar die heel gepaste is waarskynlik oorleweraars of “survivors”.

Dié klas van 2021 moet hulle skoollewe in ’n tyd van ongekende uitdagings en vele onsekerhede oor die toekoms voltooi. Maar hulle is dapper en vol drome en planne vir hulle toekoms wat voorlê.

By die Hoërskool Despatch was die Survivor-tema beslis die mees gepaste tydens motiveringsessies wat onlangs by die skool gehou is. Veral omdat Survivor South Africa 2018 se wenner, Tom Swartz, hier as motiveringspeker opgetree het.

Kamvalethu Matshoko en Anmari Gouws besig om ’n plakkaat te maak.

Die matrieks is in twee groepe verdeel en die uitdagings het oor twee dae plaasgevind om by die COVID-19-reëls en regulasies te hou.

Survivor Tom Swartz se oorlewings- en lewenslesse het die ma-trieks behoorlik aan sy lippe laat hang en hy het hulle beslis hope inspirasie vir die jaar gegee.

Survivor

Ds. Danie Matthee, ’n oud-skolier van Hoërskool Despatch in aksie by die motiveringsessies.

Lee-Anne Snyman, die Hoërskool Despatch-graadhoof saam met Tom Swartz, Survivor SA 2018-wenner.

Verskillende Survivor-aktiwiteite is aangebied. Spanne se gesigte is geverf en verskillende kleure lap is om hul gewrigte gebind om die spanne uit te ken. Hulle het voorwaar soos regte Survivor- deelnemers gelyk!

Elke span moes ook ’n gepaste naam kies wat hulle op ’n plakkaat moes uitbeeld. So ook moes hulle ’n spankreet kry om te help om hul spanmaats tydens uitdagings aan te moedig sodat hulle punte kon aanteken.

In die laaste aktiwiteit moes elke span die woord “Survivor” gebruik en die eienskappe daarvan wat hulle in 2021 gaan inspan, identifiseer. Dié eienskappe gaan op liniale gedruk word, om Hoërskool Despatch se matrieks elke dag van hul laaste skoolloopbaanjaar te herinner hoekom hulle moet vasbyt, hard werk, deurdruk en bly glo in die dag van môre.

’n Oudskolier van dié skool, ds. Danie Mathee, was deel van die Survivor-motiveringsessies en het die verrigtinge op ’n gepaste wyse afgeskop. Hy het die matrieks moed ingepraat en hulle aange-moedig om geleenthede wat oor hul lewenspad kom, aan te gryp.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article