Die Hoërskool Despatch het weereens ‘n baie suksesvolle gholfdag onlangs gehad.
Met ‘n vol veld, goeie weer en danksy baie borge en goeie pryse, het daar ook ‘n goeie gees geheers. Die skool het die hoofborg, Concorde Bakkery, asook elke ander borg en donasies wat gegee is, bedank. Die dag sou ook nie so suksesvol gewees het sonder die harde werk en entoesiasme van die Gholfdagkomitee nie.
Die wenner van die dag was Kenny Buchner.




