Stoeiers van Despatch Stoeiklub het onlangs aan ‘n toernooi in Parow deelgeneem. Hier is (voor van links) Norman Kilian (afrigter), Corne Bekker, Reuben Bekker, Stian Swart, Nelissen van Wyk en afrigter Danie Els. Agter is Ruan Pretorius, Elrick Clack en David Kunneke (afrigter).

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Na ’n lang afwesigheid is Despatch Stoeiklub weer hard aan die oefen en stoeiers het aan hul eerste toernooi, die Wrestlemania-ope, in Parow deelgeneem en goed gevaar.

Sewe van die klub se stoeiers het deelgeneem en hul uitslae was as volg: Corne Bekker (goud), Reuben Bekker (silwer), Stian Swart (silwer), Elrick Clack (brons), David Kunneke (silwer), Nelissen van Wyk (silwer), en Ruan Pretorius het ’n vierde plek behaal.

Al Despatch Stoeiklub se stoeiers is beginners, maar die afrigters Danie Els, Norman Kilian en David Kunneke, is ervare en bekendes in stoeikringe.

Volgens Mariëtte Els van Despatch Stoeiklub is stoei besig om in die Oostelike Provinsie op te tel en het drie klubs weer hul deure oopgemaak. Dié klubs is Despatch, Algoapark en Eendrag Stoeiklub op Kariega.

  • Despatch Stoeiklub oefen elke Maandag en Woensdag vanaf 17:15 tot 18:45. Vir meer inligting oor Despatch Stoeiklub bel Danie Els 076 351 2815, of Norman Kilian 060 733 9101.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article