Hoërskool Despatch se vasvra-span was tweede in vanjaar se ATKV Vlymskerp-vasvra. Van links is Kosie Smit (Hoërskool Despatch skoolhoof), Sanet Viljoen, Jancke Starbuck, Adamina Smit (onderwyser), Anuscke Te Brugge, Melody Kukkuk en Beer Adriaanse.

Foto: Verskaf

Vier van die Hoërskool Despatch se ATKV Steenbokkies het aan die ATKV Vlymskerp-vasvrakompetisie deelgeneem en uitstekend gevaar.

Daar was 12 spanne en die kompetisie was sterk. Slegs die span van Hoërskool Nico Malan kon daarin slaag om die Steenbokkies uit te stof. Nadat die Despatchers ‘n hele paar ander sterk spanne gewen het, was hulle uiteindelik tweede.

Welgedaan aan die vier slimkoppe Sanet Viljoen, Melody Kukkuk, Jancke Starbuck en Anuscke Te Brugge, wat die “vlam goed gestook en hoog geblaas” het. Hul het elkeen prysgeld van R1 000 ontvang.

Die aanbieder van die kompetisie was die bekende akteur en aanbieder, Beer Adriaanse.

– UITGEREIK: HOËRSKOOL DESPATCH

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article