STEYNS Plaas Produkte is ’n familie-slaghuis by die Kition-sentrum in Van Riebeeckhoogte op Uitenhage, wat daarna streef om produkte te verskaf wat elke huisvrou se sak pas en in elke kliënt se smaak val.
Alles kom van die plaas af. Die produkte wat op die tafel voorgesit word is kwaliteit en smaaklik.
Vir Marius Steyn en sy span by Steyns Plaas Produkte is dit belangrik om met hulle kliënte te gesels om terugvoering te kry oor produkte. Raad en voorstelle is hier altyd welkom.
“Ons doen dit omdat ons net die beste wil verskaf, daarop wil verbeter en om te sien dat ons kliënte keer op keer terugkom en sommer nog meer vriende saambring.”
Toekomstige uitbreidings sluit in om weg-neemetes in die vorm van klaarkosse in plaasstyl beskikbaar te stel. Dit sal onder meer tuisgebakte roosterbrode insluit.
Die slaghuis is reeds ’n jaar by Kition-sentrum, maar dit is nou tyd om die deure wyd oop te maak. Daarom is daar spesiale promosie-produkte wat met ’n Steyns braai te koop sal wees.
“Kom proe wat is vir jou lekker … daar gaan beslis iets vir elke smaak wees,” sê Marius.
Steyns se kaaswors-rolle en “Lekker Wors” sal teen goeie pryse beskikbaar wees.
“Baie dankie aan ieder en elk van ons kliënte vir hulle ondersteuning die afgelope jaar.
“Dankie aan elkeen van ons personeel-lede vir hulle harde werk en vir die borge wat ons ondersteun.
“Dankie ook aan almal wat ons in hulle gebede gehou het en aan ons Vader wat saam met ons in hierdie besigheid is,” sê Marius.
Steyns Plaas Produkte is ses dae ’n week oop vir besigheid. Maandae tot Vrydae 09:00 tot 19:00; Saterdae 09:00-17:00 en Sondae 11:00-15:00.
Die slaghuis se produkte sal ook na-ure beskikbaar wees indien vooraf reëlings getref word.
- Vir meer inligting bel Steyns Plaas Produkte by 073 497 0102 of 078 282 7111 of epos: steynsplaasprodukte@gmail.com





