’n FAMILIESAAMTREK vir Slabbert en Marx nasate word op Saterdag, 28 Maart in die Despatch Dienssentrum gehou.

Dié saamtrek word deur Hannes Slabbert van Despatch gereël in samewerking met familielede Karen Els en Amanda Kleinhans.

Volgens Slabbert is daar sover al 60 nasate wat aangedui het dat hulle die geselligheid gaan bywoon.

“Daar kom familie uit Johannesburg, Durban en uit ander dorpe. Van die familielede het mekaar nog nooit gesien nie en ander het mekaar jare gelede gesien,” sê Slabbert.

“Dit is almal nasate van oupa Hans en ouma Anna Slabbert, sowel as nasate van oupa Thomas en ouma Aletta Marx wat gaan saamkuier.

“Ongelukkig lyk dit of die oudste lewende familielid, Kowa Pietersen wat reeds 102 jaar oud en in Steytlerville woon, nie hier sal kan wees nie. Anna Ferreira met 86 somers agter die rug sal dus die oudste een wees by die saamtrek,” sê Slabbert.

Die saamtrek begin 09:30 en sal tot 17:00 duur.

  • Vir meer inligting bel Hannes Slabbert by 081 592 2528.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article