SA-rolbalkampioen Billy Radloff wat vir die Protea-rolbalspan van 2004 tot 2019 gespeel het en ook ‘n internasionale goue-medalje Wenner is, het by die Kirkwood-rolbalklub besoek gaan aflê.
“Dit is nie aldag dat ‘n plattelandse rolbalklub ‘n besoek ontvang van so ‘n groot rolbalspeker van gehalte nie. Hy het ons met sy besoek verras en sommer ook die dag saam rolbal gespeel,” sê Gerrit Kriel, klubkaptein van Kirkwood-rolbalklub.
Kirkwood-rolbalklub neem aan die Oostelike Provinsiale-liga deel met die vrouespan in die vierde liga en mans-spanne in die tweede en vyfde ligas.
- Enigeen wat belangstel om by die Kirkwood-rolbalklub aan te sluit of om te leer om rolbal te speel kan klubkaptein Gerrit Kriel by 079 552 6666 bel.




