DESPATCH-rolbalklub gaan in Desember die rolballe vir ’n dag bêre en ’n stalletjiedag en potjiekoskompetisie hou.
Bobaas potjiekos-makers, sowel as stalletjiehouers word nou reeds genooi om in te skryf of besprekings te maak vir die dag. Slegs agt pot- jiekos-deelnemers kan inskryf en die koste is R100 per inskrywing. Beoordeling sal geskied volgens elke deelnemer se tema, voorbereiding, netheid, bediening en smaak.
By die stalletjies sal slegs een van ’n soort stal-letjie bespreek kan word en stalletjiehouers moet oor die nodige registrasie-dokumente beskik. Die koste is R100 per stalletjie en R150 indien ’n kragpunt verlang word.
Volgens Adri Stander, ’n organiseerder van die stalletjiedag en potjiekoskompetisie, is die doel van die dag om inwoners van Despatch wat produkte vervaardig ’n platvorm te bied waar hulle hul items kan verkoop. ’n Gedeelte van die dag se opbrengs sal ook vir liefdadigheid aangewend word.
- Vir meer inligting of besprekings bel Adri Stander by 041 933 1173 of 084 206 8672.



