Trippe trappe trone, die ponie in die gange . . . Met sy welige maanhare en pikante hoewe, is Cheetah soos enige ander ponie – behalwe vir sy hart vol liefde vir diegene met meer grys in die hare en lewensjare op hul kerfstok. Dié saggeaarde omgee-ponie het Vrydag deur die gange van die ACVV Huis Najaar in Despatch getrippel met een doel voor oë: om inwoners die kans te gee om hom te vryf – en deur dit liefde versprei en ontvang. Op die foto is Despatch SuperSpar-eienaar Paul Barnes, Huis Najaar-inwoner Susan Loggenberg, Huis Najaar-bestuurder Anna-Marie van Heerden, Frans Swanepoel en Harry Smit (eienaar van Cheetah). Foto:MONIQUE BASSON


Ponie trippel liefde in ‘ou harte’ in

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article