Despatch Atletiekklub gaan vanjaar weer aan die Hollard Daredevil Run deelneem.

Foto: Verskaf

Despatch Atletiekklub se mansatlete gaan vanjaar vir die vierde keer aan die Hollard Daredevil Run deelneem.

Duisende mans van oor Suid-Afrika trap elke jaar 5 km in net ’n pers speedo en ’n paar tekkies vir bewusmaking van testikulêre en prostaatkanker.

Hollard, in samewerking met CANSA en die Prostate Cancer Foundation, het mans aangepor om daredevils te wees en aan die wedloop op Vrydag 1 November deel te neem.

Die dapper manne van Despatch Atletiekklub het in 2022 die hoogste bedrag ooit vir manlike kankerbewustheid ingesamel.

Die Despatch-manne gaan die Hollard Daredevil Run om 15:00 vanaf die parkeerarea van die rugbystadion in Frans Claassenstraat aandurf.

Hulle gaan met hul pers speedo’s deur die dorp hardloop en drie aparte tjeks van borge ontvang, ten bate van kanker.

SuperSport gaan weer die geleentheid bywoon en ’n onderhoud voer met van die mans wat deelneem. Daar is reeds meer as 20 mans wat hul deelname bevestig het.

Vir meer inligting oor die Hollard Daredevil Run, besoek https://www.hollard.co.za/daredevilrun.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article