Die Ons Winkel Despatch vier op Saterdag, 14 September 2024 sy tiende bestaansjaar en die gemeenskap word uitgenooi om die winkel te besoek by Hoofstraat 35, Despatch.

Foto: Facebook (Ons Winkel Despatch)

Die Ons Winkel Despatch vier op Saterdag, 14 September 2024 sy tiende bestaansjaar en die gemeenskap word uitgenooi om die winkel te besoek by Hoofstraat 35, Despatch.

Ons Winkels is die skenkingswinkels van Solidariteit Helpende Hand, en daar is bykans 127 winkels landswyd waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere – meubels, kombuisware, linne en klere – kan maak. Die winkels ontvang die skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan die publiek.

Skenk tussen 9 en 14 September, 10 of meer items of koop 10 items om in aanmerking te kom vir ’n gelukkige trekking op 14 September teen 12:00.

Daar sal op Saterdag, 14 September talle spesiale aanbiedinge wees asook ekstra afslag op aankope. Worsbroodjies sal te koop aangebied word.

Vir meer inligting kontak Marlene Basson by 083 501 1366 of marlene@helpendehand.co.za of besoek Marie du Preez by die Ons Winkel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article