DIE Hanekam-eenheid vir militêre vete-rane het onlangs ’n nuwe kenteken onthul.
Dié veterane was almal voorheen aan die Suid-Afrikaanse Weermag verbonde.
Die Hanekam-eenheid is in 2019 gestig en geaffilieer met die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging, wat die geleentheid vir oudstryders skep as ondersteuning vir mekaar asook om tydens sosiale byeenkomste saam te kuier.
Die kenteken van die eenheid bestaan uit ’n skild met vier kwadrante en in elke kwadrant is daar ’n item wat verband hou met die geskiedenis van die omgewing. Dit sluit onder andere in die buitelyn van Hanekam-berg, waarna die eenheid vernoem is.
Alle veterane in die Uitenhage, Despatch en nabye omgewing en hul gades wat in die Suid-Afrikaanse Weermag diens gedoen het, sowel as lede wat verbonde was aan die kommando en regiment De Mist, word aangemoedig om by die eenheid aan te sluit.
Die eenheid kom kwartaalliks byeen en die volgende byeenkoms is op 29 Mei om 10:00 by Bella’s Restaurant in Thornstraat op Uitenhage. Ontbyt word ingesluit teen R45 per persoon.
- Vir enige verdere navrae bel Thilda Struwig, kommunikasie-offisier, by 083 667 0392.


