Ruan Ells (uittredende jeugleiers 2022/ 2023) saam met adjunk-gebiedsleier Riana Breytenbach.

Foto: Verskaf

Die Voortrekkers Oos-Kaap het onlangs nuwe gebiedsjeugleiers aangewys.

Gebiedsjeugleiers is die hoogste rang wat ’n jeuglid in die Voortrekkers kan beklee en hierdie jeuglede het reeds van jongs af hul liefde vir die Voortrekkers begin uitleef en goeie leiereienskappe gewys.

Albert Hugo (tuisonderrig leerder) en Mia Human van die Hoërskool Despatch is verkies tot gebiedsjeugleiers van Die Voortrekkers: Oos-Kaap vir 2023/2024.

Uittredende gebiedsjeugleiers, Ruan Ells (Hoërskool Daniel Pienaar) en Henry Muller (Hoërskool Framesby) is bedank vir die verskil wat hulle gemaak het in die lewens van hul mede-jeuglede. Die twee seuns het die afgelope jaar ’n projek aangepak met “wit olifant” tafelverkope om geld in te samel wat aangewend gaan word vir jeuglede wat nie die kampgelde kan bybring nie. Dit is sodat almal die geleentheid kan hê om te kamp.

Ruan Ells (uittredende jeugleiers 2022/ 2023) saam met adjunk-gebiedsleier Riana Breytenbach.

Henry Muller (uittredende jeugleiers 2022/2023)saam met adjunk-gebiedsleier Riana Breytenbach.

Albert Hugo (nuut-verkose jeugleiers 2023/2024) saam met adjunk-gebiedsleier Riana Breytenbach.

– UITGEREIK DEUR DIE VOORTREKKERS OOS-KAAP

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article