DIE nuwe bestuur van die Despatch Posduifklub vir 2025 is onlangs aangekondig.

Die voorsitter is Twakkies du Toit. Hy volg Frans Ferreira op wat vir baie jare die klub as voorsitter gedien het. Die onder-voorsitter is Wilhelm Smith, sekretaris Bennie Gerber, tesourier Gideon Barnard en die wedvlug sekretaris is Santie Mattheus.

Die klub beoog ’n hele paar projekte vir die jaar. Daar word afgeskop met ’n jongduif veiling wat op 8 Maart gehou gaan word.

Die volgende is ’n pretdraf waar duiwe teen atlete gaan deelneem wat op 1 Mei gaan plaasvind. Verdere besonderhede sal later bekend gestel word.

Die Nasionale Hok is nog steeds aan die gang. Die sluitingsdatum vir nuwe innames is 31 Maart 2025.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article