DIE Rotariërklub van Uitenhage doen ’n beroep op nominasies vir sy jeug meriete-toekenning vir uitstaande prestasies gedurende 2023.

Hierdie toekenning word jaarliks oorweeg met betrekking tot persone tot die ouderdom van 25 jaar, wat eer aan Kariega en die Oos-Kaap gebring het.

Prestasies moet op ’n nasionale of internasionale vlak wees in sport, uitvoerende of grafiese kunste, akademiese prestasies, dapperheid, diens aan die gemeenskap of enige soortgelyke aktiwiteit.

Enige persoon of organisasie mag iemand vir hierdie toekenning nomineer. Nominasievorms kan verkry word vanaf en ingelewer word by die UD Express kantoor of verkry word van die toekennings-komitee: Rotariër A. Jordaan by De Jongh Rylaan 30, Kariega, 6230.

Vir verdere inligting kontak 0 041 992 5896 of 0 083 373 8474.

Nominasies sluit op 30 Mei 2024.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article