Juliana en Pat Moore het op 5 Oktober ‘n uitsonderlike mylpaal – dié van hul 65ste huweliks-herdenking – gevier!

Foto: Heilie Combrinck

“Die vrou vir wie ek my vrou verruil, moet nog gebore word. Ek verruil haar vir niemand in die wêreld nie, nie eens vir Mej. Suid-Afrika nie.”

Só sê Pat Moore (89) oor sy vrou Juliana (87). Die egpaar van Kariega is steeds dolgelukkig en hulle het op 5 Oktober ‘n uitsonderlike mylpaal – dié van hul 65ste huweliksherdenking – gevier!

“’n Vriendin het ons in 1955, kort voor my 21ste verjaardag, aan mekaar voorgestel. Dit was liefde met die eerste oogopslag en ons is ‘n jaar later in die Uitenhage Moeder-gemeente getroud,” sê Juliana.

“Vir ‘n gelukkige huwelik gaan dit oor Christenskap en genade.”

Hulle het ook geglo dit is belangrik vir ‘n man en ‘n vrou om saam aan sport deel te neem en die Moore’s was vir jare ‘n bekende egpaar op rolbalbane.

Juliana het in die Baviaanskloof grootgeword en Pat is oorspronklik van Bedford. Pat het die slaghuisbedryf in 1952 betree en die deure van een van Kariega se steeds bekende slaghuise, Moore’s Meats, oopgemaak. Vandag bedryf die egpaar se twee seuns, Peter en Alan, dié familieslaghuis.

Pat en Juliana Moore is die trotste grootouers van vier kleinkinders en vier agterkleinkinders.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article