Mini-hokkie word van 5 Junie tot 24 Julie vir seuns en meisies tussen die ouderdomme van 6 en 13 jaar by die Uitenhage Hokkieklub aangebied. Foto:VERSKAF


WINTERTYD is dit tyd vir mini-hokkie en die jaarlikse afrigting op Saterdae begin op 5 Junie by die Uitenhage Hokkie-klub.

Slegs 50 seuns en meisies tussen die ouderdomme van 6 en 13 jaar kan deel wees van die afrigting. Balle word voorsien vir elke groep, maar spelers hul eie hokkiestokke bring en sportskoene (tekkies) dra.

‘n Eenmalige bedrag van R180 per speler word vir die hele seisoen gevra en daar is T-hemde teen R60 beskikbaar. Registrasie is eerskomende Saterdag by die Uitenhage Hokkie-klub tussen 09:00 en 12:00. Die afrigting is vanaf 5 Junie tot 24 Julie, elke Saterdag van 09:00 tot 11:00.

COVID-19 regulasies sal streng toegepas word.

Inskrywingsvorms is beskikbaar by Meyerstraat 4 in Mosel of bel Peter Biljon by 083 463 7562 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article