DIE CMR Uitenhage, in samewerking met ATKV Uitenhage, Voortrekkers en Solidariteit, hou op Dinsdag, 24 September, ’n 5 km-pretloop.
Dit begin om 08:00 by die ou konsentrasiekamp langs Verwoerdrylaan.
Daar sal speletjies vir die jongspan wees en ’n verskeidenheid eetgoed sal te koop wees.
Inskrywingsfooie vir die pretloop is R10 per persoon en deelnemers word versoek om ’n item nie-bederfbare kos te skenk vir liefdadigheid.
Registrasie vir deelname sluit op 23 September om 16:00 by die CMR-kantoor in Johnstraat 41. Inskrywings kan ook die oggend van die pretloop gedoen word vanaf 07:00.
- Vir meer inligting bel Yolanda Gouws by 041 922 9004.



