Foto ter illustrasie.

Foto: Argief

Die Buddy Bear-projek vier vanjaar weer Jeugdag op Vrydag 16 Junie saam met kinders van Gqeberha, Despatch en Kariega.

Altesaam 100 kinders word genooi om saam met die Buddy Bear-span en ondersteuners die dag te geniet in Despatch by die dorp se krieketveld.

“Ons wil graag dankie sê aan die Despatch krieketklub wat hul terrein aan ons beskikbaar gestel het om die kinders te ontvang. Dit is vir ons ’n besonderse voorreg om hierdie 100 kinders, uit moeilike en hartseer omstandighede, so ’n bietjie te bederf op die dag. Ons beplan om hulle te laat deelneem aan verskeie leersame en pret-aktiwiteite.”

Danksy groot ondersteuning van die ATKV Sonneblom-tak op Despatch, die Agterplaas en Pikanini Chefs, kan die kinders uitsien na hope pret en verrassings.

Saam met handgemaakte geskenkies van Buddy Bear ontvang hulle ook ’n maaltyd, koeldrank en lekkergoed.

“Dankie aan Beerhuizen, Spar en Pick n Pay vir jul bydrae.

“Ons is besonder bevoorreg om Mev. Oos Kaap ook daar te hê om die kinders te motiveer vir die toekoms.

“Laastens wil ons groot dankie sê aan Volkswagen SA wat die dag moontlik gemaak het.”

  • Vir meer inligting oor die Buddy Bear-projek, kontak Dawid van der Merwe, Oos-Kaap verteenwoordiger, by 083 397 6002 of per epos by dawidvandermerwe33@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article