Die Hoërskool Strelitzia se landloopatlete, onder die bekwame afrigting en leiding van Magretha Voigt en Wimpie Snyman, het baie goed presteer by die OP-landloop kampioenskappe byeenkoms wat onlangs by St Albans gehou is. Vyf atlete is vir die OP-span gekies. Cwayita Jafta het eerste plek behaal in die meisies o.16-afdeling en Amanda Tsilite het tweede plek behaal in die meisies o.17-afdeling. Van links is Guyron Norman, Amanda Tsilite, Laican Jansen, Magretha Voigt, Cwayita Jafta en Shana Filander. Foto: VERSKAF


Landloopatlete skitter by OP-kampioenskap

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article