’n Potjiekoskompetisie word op 28 September deur die Uitenhage Familie-kerk aangebied by Buco Uitenhage, wat ook die borg is van die kompetisie. Spanne moet reeds om 08:00 met hulle potjies begin. Hier is (van links) Geoff Taylor (sanger), Gerrie Jonker (Uitenhage Familie-kerk), Cathy Taylor (sanger), Joel Katz (Buco) en Christo Botma (Buco). Daar sal verskeie stalletjies met eetgoed wees en vermaak vir die kleinspan. Almal word genooi om ’n draai by die geselligheid te maak. Inskrywingsvorms vir die potjiekoskompetisie is by Buco Uitenhage of bel Gerrie by 067 207 420 vir meer inligting. Foto:HEILIE COMBRINCK


Kry nou jou potjie reg

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article