Die Vaalplaas Kerkbasaar se 4×4-uitdaging word op 19 en 20 Maart in die Steytlerville-distrik gehou.

Die inskrywingsfooi is R450 vir twee persone en R50 per elke ekstra persoon wat saam gaan ry.

Die inskrywings om saam deur die berge te gaan ry sluit op 14 Maart.

Daar is ook plaasakkommodasie beskikbaar in die vorm van kampplekke of selfsorg.

Vir meer inligting oor die 4×4 bel Philip Hayward 072 849 9559.

As jy lus is vir kamp op ‘n plaas in die Karoo bel Louis Hayward 082 825 3886 of Bennie Rathbone 082 416 7506. Vir selfsorg-akkommodasie tydens die Vaalplaas Kerkbasaar bel Rosemary Dorfling 082 577 7518 of Bennie Rathbone 082 416 7506.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article