Heike Groenewald van Brandwag op Kariega het aan die Oos-Kaap Hurksit en Borsopdruk-kompetisie deelgeneem en twee nuwe Oos-Kaap rekords in die sub-junior o.69kg opgestel. Sy het 102kg in die hurksit en 57.5kg in die borsopdruk behaal.

Foto: Verskaf

Verskeie plaaslike kragoptellers het aan die Oos-Kaap Hurksit en Borsopdruk-kompetisie deelgeneem en van die rekords laat spat.

Heike Groenewald van Brandwag op Kariega het twee nuwe Oos-Kaap rekords in die sub-junior o.69kg opgestel. Sy het 102kg in die hurksit en 57.5kg in die borsopdruk behaal.

Kragoptel-beginner Stephene Loubser, ook van Brandwag, het in haar eerste kompetisie ‘n rekord in die o.76kg-afdeling opgestel met haar hurksit van 65kg.

Stephanie Pretorius van Despatch het ‘n rekord opgestel in die Equipped Open o.57kg-afdeling met haar 135kg hurksit.

Ander sub-junior deelnemers se uitslae is as volg:

Nicole Loubser, o.52kg, hurksit 60kg, borsopdruk 30kg en dooiegewig 80kg.

Kayla Leigh Muller, o.69kg, hurksit 45kg, borsopdruk 30kg en dooiegewig 70kg.

Stephene Loubser, o.76kg, hurksit 65kg (rekord), borsopdruk 35kg en 85kg in die dooiegewig.

Megan Boshoff, o.84kg, hurksit 60kg, borsopdruk 35kg en dooigewig 85kg.

Colleen Brown, 84+kg, hurksit 112.5kg, borsopdruk 60kg en dooiegewig 150kg.

Jana Visser, 84+kg, hurksit 75kg, borsopdruk 47.5kg, dooiegewig 105kg.

Nathan James Fraser, o.83kg, hurksit 127.5kg, borsopdruk 70kg en dooiegewig 145kg.

Liam Delport, o.93kg, hurksit 165kg, borsopdruk 105kg, dooiegewig 222.5kg.

Dylan Erasmus, o.120kg, hurksit 110kg, borsopdruk 60kg en dooiegewig 150kg.

Die kragoptellers oefen by Brandwag se gymnasium by afrigter Ilze-Marie Maritz. Diegene wat belangtel om met kragoptel te begin kan Ilze-Marie bel by 083 654 9208.

Kragoptel-beginner Stephene Loubser van Brandwag, het in haar eerste kompetisie, die Oos-Kaap Hurksit en Borsopdruk-kompetisie, ‘n rekord in die o.76kg afdeling opgestel met haar hurksit van 65kg.

Stephanie Pretorius van Despatch het ook by die Oos-Kaap Hurksit en Borsopdruk-kompetisie ‘n rekord opgestel in die Equipped Open o.57kg afdeling met haar 135kg hurksit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article