Hier wys die leerderraad dat hulle slaggereed is vir die opwindende pretdraf.

Foto: Verskaf

Die Laerskool Frans Conradie in samewerking met FOV (Fransies Ouervereniging) bied ’n heerlike Valentynsdag pretdraf aan vir die hele gemeenskap.

Oud, jonk en kindervriendelike troeteldiere (aan ’n leiband) word uitgenooi om op 15 Februarie om 08:00 te kom saam hardloop/stap. Die roete is ’n lekker plat en vinnige 5 km. Waterpunte is beskikbaar asook ’n paar verrassings langs die roete.

Inskrywings kan vanaf 07:00 by die skool se klubhuis gedoen word en dit is ook by die skool beskikbaar. Kindervermaak met ’n waterglybaan, ’n snoepie en heerlike warm kos word aan die einde van die roete verkoop.

Medaljes is beskikbaar vir die eerste 100 atlete wat die roete suksesvol voltooi. Gelukkige trekkings word ook na afloop van die pretdraf gehou.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article