Die tyd vir Hoërskool Despatch se jaarlikse interskole teen die Hoërskool DF Malherbe het weer aangebreek.
Dié kragmeting, wat hierdie naweek by die Hoërskool Despatch skoolvelde en bane plaasvind, beloof om ’n naweek van sport, kultuur, wedersydse samehorigheid en goeie sportmangees te wees.
Daar sal die gewone sportuitdagings wees soos netbal, rugby, hokkie, tennis, skaak, landloop en e-gaming.
Op die kultuurakker gaan die leerders woeker met debat en vasvra. Die skool nooi die gemeenskap uit om die Drake te kom ondersteun op tuisbodem.



