Hierdie uitsig is wat deelenemers te wagte kan wees op Saterdag se Tafelronde 78 Kirkwood 4×4 roete by Geelhoutboom. Foto:VERSKAF


VIERTREK-ENTOESIASE wat hou van bergpaaie en klim-en-klouter met hul viertrek- voertuie word uitgenooi om Saterdag saam met die Tafelronde 78 Kirkwood op hul jaarlikse 4×4 roete te gaan. Hierdie keer is die roete by Geelhoutboom Safari naby Glenconnor.

“Ons sien baie uit na die dag. Die paaie is mooigemaak dat manne nie hul voertuie sal seermaak nie,” sê Leo Vermaak, lid van Tafelronde 78 Kirkwood en organiseerder van die 4×4 dag.

“Die roete is oor groot berge met pragtige natuurskoon en klowe met reuse ou geelhout-bome. En as ons gelukkig is kan ons Knysna-loeries en ’n verskeidenheid ander wildsoorte sien.

“Die idee is dat almal een roete gaan ry dit is ongeveer 20km. Vir die wat dan nog nie klaar gevier-by-vier het nie, is daar ‘n hindernisbaan waar hulle hul voertuie se knoppies en voertuigvermoë kan gaan uittoets.”

Natuurlik sal daar ook na al die aksie ‘n klein boskroeg wees waar almal lekker saam kan kuier en eet. Die middagete is R40 per persoon en daar is geen kaartfasiliteite nie, so bring kontant saam.

Om deel te neem aan die viertrekroete is R400 per voertuig en die konvooi vertrek stiptelik om 08:00 vanaf die Geelhoutboom-plaasopstal.

  • Besprekings om deel te wees van die opwindende dag is by enige van die Tafelronde 78 Kirkwood lede of bel Leo Vermaak by 060 960 6059.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article