Van links agter is, Tia-Ann Fourie, Avuyile Tyali, Ané Basson, Ahluma Grootboom, en Lulutho Keke. Voor is Jessica Bezuidenhout, Chanté Karelsen, Kyrän Swartbooi, Jana van der Merwe en Lamees Barendse (afrigter).

Foto: Verskaf

Die Hoërskool Kirkwood is besonder trots op die o.16 A-netbalspan wat hul netbalseisoen onoorwonne afgesluit het.

Die o.16’s het by tye meegeding met skole wat vier keer hul grootte was.

Die meisies het nie dat dit hul enigsins laat afskrik het nie, en het met volgehoue hoë spelpeil, stamina en goeie sportmanskap verseker dat die eindtelling altyd in hul guns was.

Die skool bedank elke rolspeler wat dit moontlik gemaak het vir die meisies om hul talente ten toon te stel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article