Ethan Bothma is gekies vir die Suid-Afrikaanse karatespan wat in November 2020 in Duitsland aan die JSKA karate-wêreldkampioenskap gaan deelneem. Foto:VERSKAF

ETHAN Bothma (10) ’n karateka van L&J Karate Academy op Uitenhage, het onlangs aan die 24ste JSKA internasionale karate-ontwikkelings kampioenskap deelgeneem en twee goue medaljes gewen.

Die kampioenskap is in Pretoria gehou en Ethan het goud gewen in die kata-afdeling sowel as in die kumite-afdeling. ’n Hoogtepunt was toe hy aan die einde van die kampioenskap ’n toekenning ontvang het as JSKA South Africa Top Achiever Award 2019. Dié toekenning is aan hom oorhandig uit ’n groep van ongeveer 800 deelnemers.

Karatekas van Suid-Afrika, Japan, Brasilië, Mosambiek en Zimbabwe het aan die kampioenskap deelgeneem.

Na hierdie prestasies is Ethan ook aangewys om Suid-Afrika in November 2020 by die 10de JSKA karate-wêreld- kampioenskap in Lübeck, Duitsland te gaan verteenwoordig.

Ethan is ’n graad vyf leerder van Laerskool Handhaaf.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article