’n Junior-dag vir bofbalspelers word Saterdag by Londtpark in die Baai gehou. PE Tigers sal op die veld wees vanaf 09:00 tot 12:00. Bofbalspelers in die o.10, o.12, o.15 en o.18 ouderdomsgroepe word uitgenooi. Red Sox het verlede naweek teen Pirates op die VWSA PeoplePavilion sportveld gespeel waar Red Sox 12-5 gewen het. Red Sox se beste kolwers was Dennis Transell en Andries Lombaard. Tigers I klop Tigers II (14-4), Red Sox klop VW (19-4). Red Sox I se wedstryd teen Red Sox II is uitgestel. Foto:VERSKAF


Juniors uitgenooi na bofbal-wedstryde

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article