Felicia Whiteboy (60) se 40ste jaar by Caritas Primêre Skool is verlede week gevier. Foto:HEILIE COMBRINCK


’n ONDERWYSERES van Caritas Primêre Skool is verlede week vereer vir haar 40ste jaar wat sy aan dié skool op Uitenhage verbonde is.

“Ek het hier by Caritas my onderwysloopbaan op 1 Februarie 1980 begin en is steeds deur al die jare by dieselfde skool,” sê Felicia Whiteboy (60), ’n graad 3-onderwyseres.

“Geduld, liefde vir kinders, goeie samewerking met kollegas en respek vir bestuur is vir my die wenresep om so lank uit en aan te hou.”

Felicia, ’n gebore en getoë Uiten- hager sê twee leerders wat jare gelede by haar in die graad 3-klas was, is nou saam met haar op die personeel.

“In my tyd hier by Caritas het ek onder bekwame skoolhoofde gewerk soos Meneer Terblanche, Meneer Munnik en Meneer Meyer. Nou is Oswald Barendse ons waarnemende skoolhoof.

Hy het hier skoolgegaan en was ook vroeër my kollega by Caritas,” sê Felicia.

Volgens haar is dit, “net genade van die Here af en eintlik kom al die lof en eer Hom toe dat Hy my deur die jare gedra het sodat ek vandag nog hier is by Caritas.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article