’n Paar van die John Walton-matrieks van 1981 wat vanjaar hul 40 jaar reünie gaan hou. Agter is Martha Smith, Stephen Damons, Ferdinand Le Roux, Bezra Hobbs, David Nel, Bartho Meintjies. Voor is Margertt Pietersen (néé Ressouw), Ronell Mc Donald (néé Prince), Evelyn Hartnick, Olivia Minnaar (néé Grimsel), Sandra Witbooi (néé Meyer), Katie Damons (néé Prins), Reece Maarman, Kerneels Meintjies en heel voor is Edwill Kilian. Foto:EDWILL KILIAN

John “Mama” Walton Senior Sekondere Skool se matriekklas van 1981 hou vanjaar hul 40 jaar reünie op Saterdag, 23 Oktober.

Alhoewel heelwat van dié ou klasmaats klaar hul bywoning bevestig het, word daar nog daar ’n paar oud-maters gesoek.

“Die RSVP datum is verby, maar daar is nog 1981 matrieks wat nie geantwoord het nie. Of dalk is daar ’n paar wat van plan verander het en wél wil kom,” sê Stephen Damons ’n organiseerder van die reünie.

“Dit gaan ’n wonderlike middag en aand van saamkuier wees. Die beste nostalgie vir die vreemde tyd van onsekerheid en pyn waarin ons nou leef.”

Die reünie gaan by die Fairview Function Venue by die Uitenhage-gholfklub gehou word. Vir meer inligting of om bywoning te bevestig bel vir Stephen by 083 295 6966 of Sandra 079 310 0505 of 084 530 3624.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article