DIE John Walton Senior Sekondêre Skool se matriekklas van 1981 hou vanjaar hul 40 jaar reünie en as deel daarvan word ‘n gedenkdiens eerskomende Sondag ter ere van hul afgestorwe klasmaats gehou.

Dié diens is om 15:00 in John Walton se skoolsaal en word waargeneem deur apostel Raymond Matabielie (gedenkdiens) en eerwaarde George Tee (dankseggingsdiens). Alle matrieks van dié klas van 1981 word uitgenooi om die diens by te woon.

  • Bywoning moet bevestig word en die diens sal geskied binne COVID-19 protokol. Bel Sandra Witbooi by 079 310 0505 of 084 530 3624; of Ronell Mc Donald by 083 275 6479 om bywoning te bevestig.
– KERNEELS MEINTJIES

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article