Die Jazz Town RFC span (blou) en die Tiryville Barbarians in aksie.

Foto: Verskaf

Die naweek van 10 Junie het die Jazz Town Rugbyklub ’n wedstryd gespeel teen Tiryville Barbarians Rugbyklub se o.15 en o.17 spanne.

Die klub het hul dank uitgespreek teenoor Trafford Malgas vir die poging wat hy aangewend het om die Tiryville juniors the bring en so ’n waardevolle rol in die jeug se lewens the speel.

Die uitslag van die rugby was as volg:

  • o.15- Jazz Town 0 – 10 Tiryville Barbarians
  • o.17- Jazz Town 26 – 7 Tiryville Barbarians

“Dit was aangenaam on die jeug the sien kompeteer,” het Renald Ratangee, stigter en hoofafrigter van die Jazz Town Rugbyklub, gesê.

Dié klub is in April 2023 in Gerald Smith, Kariega gestig, en het intussen ook netbalspanne bygekry. Hulle oefen vanaf 15:30 tot 17:00 op weeksdae, net soos die rugby.

“Ons moedig ons spelers aan om hul skoolwerk eerste te stel en hul program só uit te werk dat hulle by alles kan uitkom, insluitend takies vir hul ouers,” het Ratangee bygevoeg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article