VOOR: Onwettige rommelstorting ontsier die area oorkant Japtha- en Le Clusstraat in Jubileepark. Hier is hoe dit gelyk het voord inwoners dit begin skoonmaak het. Foto’s:VERSKAF

NÁ: Dit is hoe skoon inwoners van Japtha- en Le Clusstraat hul area wil hou. Hierdie foto is geneem nadat die inwoners op hul eie onkoste die area laat skoonmaak het.

VIR inwoners van Japtha- en Le Clusstraat in Jubileepark op Uitenhage het die leuse “eendrag maak mag” nuwe betekenis gekry.

Die rommelstorting op die leë stuk grond op die hoek van dié twee strate het menige inwoner die harnas ingejaag. Bou- en tuinrommel en hope swartsakke word blykbaar meestal deur inwo-ners van ander areas, onwettig daar gestort.

Die versuiming van die munisipaliteit om op pleidooie om die area skoon te maak te reageer, het inwoners tot aksie laat oorgaan. Hulle hetmoue opgerol en self hul omgewing begin skoonmaak.

’n Inwoner van Japthastraat, wat verkies om anoniem te bly, het gesê hy het gesien hoe mense uit sogenaamde gegoede buurte hul rommel snags op dié vlak kom weggooi.

Die twee strate se inwoners het virtuele vergaderings op gespreksgroepe begin en koppe by-mekaar gesit om die probleem te takel. Tussen hulle is daar spoedig finansiële bydraes ingevorder om ’n stootskraper te huur om die area skoon te stoot.

Die COVID-19 inperkings- en veiligheidsmaat-reëls is te alle tye gehandhaaf.

Inwoners het daarna skriftelik ’n versoek aan die munisipaliteit gerig vir ’n herwinningsdrom, sowel as ’n kennisgewingbord wat aandui dat onwettige rommelstorting verbode is.

Weereens was daar geen reaksie vanaf die munisipaliteit se kant op die versoeke nie.

Nou versoek die inwoners van Japtha- en Le Clusstraat dringend dat die publiek die oop stuk veld moet help skoonhou en om onwettige storting te help keer.

Inwoners beplan om die oop area met inheemse plante te verfraai en om dit in stand te hou.

Intussen bly die strate se inwoners tog hoopvol dat die munisipalieit hul verantwoorde- likheid sal nakom en gehoor sal gee aan die versoeke.

As almal saamwerk en die leuse “eendrag maak mag” ter harte neem, sal dit ’n wêreldse verskil maak om die area op die hoek van Japtha- en Le Clusstraat in ’n park, wat ’n lus vir die oog kan wees, te omskep.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article