Tylo Gerber, hoofmeisie van Hoërskool Despatch, is een van slegs drie hoofleiers uit die Oos-Kaap wat Die Burger se 2022 hoofleier-simposium in Kaapstad gaan bywoon.

Foto: Verskaf

Die eer om ‘n hoofleier te hê wat gekies word om Die Burger se hoofleier-simposium by te woon, het Hoërskool Despatch wéér te beurt geval. Tylo Gerber is die skool se vyfde hoofleier die afgelope 14 jaar, wat gekies is om hierdie gesogte geleentheid by te woon.

Tylo is ‘n uitblinker op alle terreine. Sy is die skool se graad 11 top-akademiese kandidaat wat kwartaalliks ‘n gemiddeld van 95% behaal. Sy is ‘n kranige, lang-asem sportvrou wat ook op kultuurakker uitsonderlike prestasies behaal.

Tylo vertrek eersdaags na Kaapstad waar sy en onderskeidelik 25 hoofmeisies en -seuns van regoor die hele Wes-, Noord- en Oos-Kaap, vir dié leierskapondervinding van ‘n leeftyd gaan aanmeld. Tylo is een van slegs drie hoofleiers uit die Oos-Kaap en die enigste hoofmeisie uit Nelson Mandelabaai (Gqeberha, Kariega & Despatch) wat die 2022 hoofleier-simposium gaan bywoon.

Van die vorige HSD hoof-leiers wat Die Burger se hoofleier-simposium bygewoon het was: Miné Harmse (2008), Roan Minnie (2012), Danielle du Plessis (2014), en Kelly Oosthuizen (2020).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article